Premier van KwaZulu-Natal sê harde werk lê voor

Die premier van KwaZulu-Natal, Nomusa Dube-Ncube, het vandag die lede van die provinsiale uitvoerende raad in Durban bekend gemaak. Siboniso Duma is aangestel as die nuwe LUR vir ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake. Sihle Zikalala is die nuwe LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake en Neliswa Peggy Nkonyeni is die LUR vir finansies. Dube-Ncube sê die volgende paar maande sal vir die LUR’e harde werk en nederige diens aan die mense meebring.