Pravin kry so bietjie diesel vir Eskom

Die minister van openbare ondernemings in die buurland, Pravin Gordhan sê hy het 50 miljoen liter diesel vir Eskom bekom, maar parlementslede het uitgewys dat dit net genoeg vir etlike dae van beurtkrag-verligting is. Gordhan het vrae oor die kragkrisis in die Nasionale Vergadering beantwoord. Hy het aangekondi dat die erge beurtkrag tans weens die uitputting van Eskom se dieselvoorraad is en begroting deur ‘n noodverskaffing van 50 miljoen liter diesel versag gaan word. Dit word verkry van PetroSA sodat Eskom weer sy oopsiklus-gasturbines kan begin inspan.