PRASA hervat sekere dienste in Kaapstad

Die Spoorweg-agentskap van Suid-Afrika, PRASA, het vroeër vandag dienste op die Sentrale-lyn treindiens in Kaapstad gedeeltelik hervat. PRASA sê dat net sommige treindienste op die lyn, vir nou, in werking sal wees, terwyl haakplekke uitgesorteer word. Die diens is in 2019 opgeskort, weens diefstal en vandalisme. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, is aan die woord.