Prasa-baas se kontrak beëindig

Die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika, Prasa, se raad het hul uitvoerende hoof, Zolani Matthews, se kontrak met onmiddellike effek beëindig. Volgens die raad het Matthews doelbewus en opsetlik versuim om sy dubbele burgerskap te verklaar. Een van die vereistes in Matthews se aanstellingsbrief lui sy kontrak sal eers goedgekeur word wanneer hy veiligheidsklaring verkry het. Die Staatsveiligheidsagentskap het sedertdien geweier om enige veiligheidsklaring aan die afgedankte uitvoerende hoof uit te reik.