Pous loof jong klimaataktiviste, maan regerings

Pous Franciskus het jong klimaatsverandering-aktiviste geprys vir hul pogings om aardverwarming aan te pak. Die pous het die jeug geloof oor hul werk vir die mensdom se welstand. Duisende klimaataktiviste vergader die week in Milaan, Italië, vir ‘n Youth4Climate-geleentheid. Die pous het wêreldleiers gemaan om drastiese maatreëls in te stel om aardverwarming te bekamp en die gebruik van koosltof-gebaseerde brandstowwe te verminder.