Landbou 2035-verslag sê verskeidenheid vaardighede gaan nodig wees

Die vaardighede wat in die toekoms vir werk in die landboubedryf nodig sal wees, is ‘n verskeidenheid van persoonlikheidsvaardighede, natuurwetenskap, stelseldenke, tegnologie-integrasie en data-bestuur. Dit is die gevolgtrekking van die navorsers aan die Stellenbosch Universiteit se Instituut vir Toekomsnavorsing, wat bygedra het tot die Toekoms van Werk in Landbou 2035-verslag. Die direkteur van die instituut, Doris Viljoen, sê die navorsing dui op vier scenario’s van hoe die landbou-werksomgewing moontlik kan lyk in 2035. Hierdie scenario’s is bepaal met die hulp van verskeie rolspelers.