Positiewe koers daal verder na 19%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 363 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Die meeste is in Ohangwena met 22% van die gevalle. Onder die nuwe gevalle is 45 leerlinge en ses gesondheidswerkers. Vyf van die nuwe gevalle het een dosis entstof ontvang. Tans is daar 164 221 mense met een dosis en 49 274 ten volle ingeënt Die aktiewe gevalle staan op 20 304 waarvan 441 in die hospitaal en 85 in intensiewe sorg is. Die positiewe koers is 19%. Die herstelkoers staan tans op 80% en die Covid-sterftesyfer styg met 13 tot 3 057.