Positiewe Covid-gevalle onder leerders daal

In vandag se Covid-19 verslag van die Namibiese gesondheidsministerie, het slegs nege leerders van verskillende skole positief getoets en geen onderwysers. Volgens gister se Covid-statistieke het 117 leerders positief getoets. Die daling in positiewe gevalle onder leerders is ‘n verligting vir ouers en skool-owerhede, veral na die onlangse kommerwekkende statistieke van positiewe gevalle in skole. Colette Rieckert van die Namibiese Privaatskole-vereniging, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is verblydende nuus en sy glo statistieke sal nog daal as onderwysers ingeënt word.