Poreuse grens kos baie, koloniale se skuld

Die debat oor die rooilyn met die hofsaak wat aan die einde van die maand afskop, het weer Namibië se poreuse grense, veral in die noorde, na vore gebring. Die minister van polisie en veiligheid Albert Kawana, sê die grense kos die regering baie geld omdat daar gereeld patrollies uitgevoer moet word. Maar, in sy mening sal die oorkruis van die grense met Angola en Zambië nooit werklik opgelos word nie om dit ‘n geskiedkundige ding is. Hy het aan plaaslike media gesê dat koloniale regerings grense opgetrek het sonder om die gemeenskappe in ag te neem. Hy voeg by dat 80 persent van die Zambezi-streek se grens die rivier is en gemeenskappe het rondom die gebied gevestig en toe ewe skielik, is hulle in ander lande. Maar, hy het beken dat smokkelary in daadwerklike probleem is.