Pombili sê M+Z en Mercedes bemagtig jongmense, bevorder kleinsake

M+Z Mercedes-Benz het ‘n spiksplinternuwe ambassadeur in die vorm van die bekende sosiale media persoonlikheid Pombili Shilongo. Sy het ‘n nuwe C-klas voertuig ontvang as deel van haar vennootskap met M+Z Motors. Shilongo het met Kosmos 94.1 se Francois Lottering gesels en sê dit is verblydend dat reuse soos M+Z en Mercedes Benz nie net jongmense bemagtig nie maar ook kleinsake bevorder.