Politieke ontleder gee sy reaksie op Keniaanse verkiesing

Die Keniaanse verkiesings het gekom en gegaan en in die proses sal Kenia ‘n nuwe President in William Ruto hê wat sy sterkste mededinger Raila Odinga verslaan het. Ruto sal nou die uittredende President, Uhuru Kenyatta, opvolg wat Odinga vir presidentskap ondersteun het. Plaaslike politieke ontleder, dr. Ndumba Kamwanyah, sê aan Kosmos 94.1 Nuus waarom die Keniane eerder vir Ruto gestem het.