Politieke ontleder: Ace moet homself eers bewys

Die politieke ontleder Mbhazima Shilowa sê die ANC se afgedankte sekretaris-generaal, Ace Magashule, moet bewys wat hom van die party onderskei. Dit volg na die bekendstelling van Magashule se nuwe politieke party, die African Congress for Transformation. Shilowa sê namate Magashule sy nuwe politieke loopbaan aanpak, moet hy die kernbeginsels en visie benadruk wat die ACT onderskei. Hy sê uitdagings soos die werwing van steun en ‘n duidelike politieke agenda, sal die party se veerkragtigheid toets.