Politieke geweld in KZN moet aangespreek word

Die DA in KwaZulu-Natal doen ‘n beroep op die premier, Sihle Zikalala, om dringend aandag te gee aan voorstelle van die Moerane-kommissie in ‘n poging om politieke geweld in die provinsie hok te slaan. Die beroep volg ná die moord die naweek op die ANC-raadslid, Minenhle Mkhize. Die moord op Mkhize is drie maande nadat nog ‘n ANC-raadslid in eThekwini, Siyabonga Mkhize, doodgeskiet is. Martin Meyer van die DA sê alle raadslede moet toegelaat word om hul pligte uit te voer sonder om vir hul lewe te vrees: