Polisievliegtuig stort neer op Randse Lughawe

Nóg ‘n vliegtuig het vandag in Suider-Afrika geval. Vyf mense het gesterf en een is beseer toe ‘n polisievliegtuig by die Randse Lughawe in Germiston, Gauteng, neergestort het. Die voorval het plaasgevind kort nadat die Pilatus PC-6 Porter-vliegtuig opgestyg het. Netcare911 se woordvoerder, Shawn Herbst, het bevestig daar was ses mense aan boord. Die vyf mense is opslag dood terwyl die ander persoon in ‘n bedenklike toestand hospitaal toe gevlieg is. ‘n Namibiese Cessna-vliegtuig van Scenic Air het ook vandag by Impalila-eiland in die Zambezi-streek geval wat die lewens van al vyf insittendes geëis het.