Polisieminister: Buitelanders is nie die oorsaak van misdaadprobleme in SA

 Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê buitelandse burgers is nie die oorsaak van probleme in die land nie, Suid-Afrikaners is. Hy het op die Raad van Burgemeesters-konferensie in Oos-Londen onthul slegs 18 000 van die 544 000 gevangenes in tronke is immigrante. Cele sê die feit dat meer as ‘n half-miljoen Suid-Afrikaners in die land se 243 tronke is, is ‘n duidelike aanduiding dat immigrante nie erger as Suid-Afrikaners is ten opsigte van misdade nie.