Polisieman wat blykbaar renosterhoring steel, bedank

Die lid van die polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne in die Otjozondjupa-streek en wat van die diefstal van ‘n renosterhoring aangekla word, het bedank. Die hoof van die eenheid, adjunkkommissaris Barry de Klerk, sê Salatiel Simon sal die mag aan die einde van die maand verlaat. De Klerk voeg by hy het bedank om persoonlik redes. Simon doen op die oomblik aansoek vir borg in die Otjiwarongo-landdroshof. Daar word beweer dat Simon ses renosterhorings vir veilige bewaring gekry het en hy het net vyf by die Otjiwarongo-polisiestasie ingeboek. Die vermiste horing is op 1 Oktober vanjaar in Angola opgespoor maar, DNS-toetse is nodig om te bevestig dat dit wel die sesde, vermiste horing is. Simon het reeds op 5 Oktober sy eerste hofverskyning gemaak en sy saak is tot 24 Januarie volgende jaar uitgestel. De Klerk sê borg moet geweier word omdat hy moontlik kan inmeng met die ondersoek. Die borgaansoek duur voort.