Polisieman, soldaat verskyn vandag vir renosterhorings

Sewe vermeende wildmisdadigers is verlede week in Namibië in hegtenis geneem en vier sake is aanhangig gemaak. Volgens die wildmisdaadverslag is beslag op vier olifanttande en een elk leeukarkas en lewende ietermagô gemaak. Twee vuurwapens is gekonfiskeer, asook 20 ammunisie. Intussen word daar berig dat ‘n lid van die Namibiese weermag sowel as ‘n polisie beampte gearresteer is nadat hulle in besit van renosterhorings betrap is. Die twee is albei ontplooi in die Etosha Nasionale Park vir teenstropery bedrywighede. Hulle is Sondagaand in hegtenis geneem en sal na verwagting vandag in die Ohangwena-landdroshof verskyn. Die ministerie van die omgewing sal vandag ‘n perskonferensie in die verband hou.