Polisiebeampte op Rundu wond drie aangehoudenes

Die Namibiese polisie ondersoek ‘n polisiebeampte van Rundu wat drie aangehoudenes by die Rundu polisiekantoor geskiet het. Die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie het gesê die polisiebeampte sal van poging van tot moord aangekla word nadat hy die drie aangehoudenes gewond het.