Polisie weerlê vals inligting oor honde-aanval op sosiale media
Die Namibiese Polisie s^e in ‘n verklaring vals inligting word op sosiale media versprei oor ‘n insident in Oshakati waar ‘n man Sondag-oggend deur vier honde doodgebyt is. Die gerugte lui dat die polisie geweier het dat die man se familie ‘n saak in die verband maak. Die waarheid is dat die polisie toe reeds ‘n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer oopgemaak het, wat verander is na een van strafbare manslag nadat die man aan sy wonde beswyk het. Die familie is hieroor ingelig en die polisie-ondersoek duur voort.