Polisie vergader met veiligheidsmaatskappye in Erongo

Die polisie in Erongo het ‘n vergadering met veiligheidsmaatskappye op Walvisbaai
gehou om die toename in gevalle van roof aan te spreek. Daar is veral gefokus op
kontant-in-transito of sekuriteitswagte wat kontant vervoer. Die streek is die afgelope tyd
geteiken deur kriminele wat besighede en veiligheidsmaatskappye beroof, veral
diegene wat geld vervoer. Die mees onlangse rooftog het verlede Saterdag op die dorp
plaasgevind nadat veiligheidswagte geld by sewe winkels opgelaai het. Inspekteur Ileni
Shapumba, van Nampol in Erongo, het gesê die kwessie kan onbeheerbaar raak as
daar nie opgetree word nie.