Polisie soek steeds na aanvallers van Swakop-pensioenaris

Die Namibiese polisie is steeds op soek na die verdagtes, in verband met die aanval op ‘n 73-jarige dokter van Swakopmund. Die publiek word ook versoek om op die uitkyk te wees vir die slagoffer se rooi Volkswagen Polo Vivo, registrasienommer N 1198 R, waarin die verdagtes gevlug het. Dr. Sean de Jager is gewelddadig aangeval toe hy twee van sy aangenome seun se vriende in sy huis toegelaat het. Nampol se Erongo-gemeenskapspolisiëring bevelvoerder, inspekteur Ileni Shapumba, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.