Polisie soek landwyd na Rooies Mostert

Die Namibiese Polisie soek steeds landwyd na die 61-jarige Walter ‘Rooies’ Mostert wat Vrydagaand uit aanhouding ontsnap het. Mostert, ‘n voormalige landdros van Gobabis, het ‘n vlugteling van die gereg geword toe hy na Suid-Afrika uitgewyk het. Hy is in Mei vanjaar in hegtenis geneem toe die polisie deur ‘n inwoner van Keetmanshoop oor sy teenwoordigheid in Namibië ingelig is. Die arrestasie is by ‘n padblokkade naby Tses uitgevoer en na sy eerste verskyning in die Windhoekse landdroshof was Mostert in aanhouding. Die voormalige landdros staan tereg op 29 aanklagte van beweerde korrupsie, bedrog en afpersing.