Polisie slaan toe op skietery
Die polisie in Gauteng het 13 verdagtes in hegtenis geneem en beslag gelê op 18 vuurwapens, insluitend pistole, ná ‘n skietery in Kagiso aan die Wes-Rand. Die voorval het twee sekerheids-ondernemings betrek wat met verskillende taxi-verenigings geaffilieer is. Die polisie het afgekom op ‘n stryery tussen die groepe, waarna die verdagtes in ‘n pantservoertuig gevlug het. Twee mense is beseer en hospitaal toe geneem. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê ondersoeke duur voort.