Polisie op Keetmans ingeroep om geskorsde raadslid te verwyder

Chaos het ontaard by die kantore van die Keetmanshoop-munisipaliteit toe lede van die raad geëis het dat Christiaan Jegg sy kantoor moet ontruim nadat hy Donderdag geskors is. Jegg sê sy skorsing was onwettig maar, burgemeester McDonald Hanse het die polisie vir bystand geskakel.