Polisie moet wapens op stelle monitor – Baldwin

Terwyl Hollywood nuwe veiligheidsmaatreëls oorweeg ná die dodelike skietvoorval tydens die verfilming van die rolprent, Rust, sê die akteur Alec Baldwin hy glo rolprent- en televisievervaardigers behoort polisiebeamptes te huur om wapens op stelle te monitor. Die kinematograaf, Halyna Hutchins, is verlede maand dood toe Baldwin ‘n vuurwapen afgevuur het wat as veilig vir gebruik verklaar is. Owerhede probeer vasstel hoe lewendige ammunisie in die vuurwapen beland het.