Polisie maan die publiek om Covid-regulasies te eerbiedig

Dit is naweek en die meeste Namibiërs het hulle salarisse gekry wat gewoonlik lei tot
partytjies en groot byeenkomste wat twee ure en tien mense oorskry. Die Namibiese
polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga maan mense om by die huis te bly
en nie die aandklokreël en ander Covid-regulasies te oortree nie.