Polisie is Brasilië dood 48 tydens dwelm-klopjag
Minstens 48 mense is in klopjagte dood toe polisie in drie Brasiliaanse state op dwelmbendes toegeslaan het. Tydens Operation Shield is 58 mense net in São Paulo gearresteer terwyl daar tydens die klopjagte op altesaam 385 kilogram dwelms asook vuurwapens beslag gelê is. Volgens berigte is die klopjagte uitgevoer nadat ‘n polisiebeampte verlede Donderdag in Guarujá vermoor is. Amnestie Internasionaal het die klopjagte veroordeel en sê dis wraakoptrede omdat ‘n polisiebeampte dood is.