Polisie in Suid-Afrika is gereed vir verkiesingsdag môre

Die Suid-Afrikaanse minister van Polisie, Bheki Cele, is vol vertroue die polisie kan wet en orde handhaaf terwyl soldate help om sleutelinfrastruktuur oral in die buurland op verkiesingsdag môre te beveilig. Die polisiediens en ander wetstoepassingsagentskappe is gereed om te verseker niemand word verhinder of geïntimideer by stemlokale nie. Cele verwelkom die ontplooiing van meer polisiebeamptes in gebiede in KwaZulu-Natal, die Oos- en Wes-Kaap, Gauteng en Mpumalanga wat ‘n bron van kommer is.