Polisie bekom lasbrief vir Alec Baldwin se selfoon

Die polisie in Santa Fe in die VSA het ‘n lasbrief bekom vir die akteur Alec Baldwin se selfoon. Dit hou verband met die ondersoek na die Oktober skietdood van die kinematograaf Halyna Hutchins op die stel van die rolprent Rust. ‘n Aanklaer betrokke by die saak sê dat personeel wat wapens op die stel hanteer het, moontlik krimineel aangekla kan word. Owerhede wil kyk na boodskappe en epos korrespondensie op Baldwin se selfoon omdat daar moontlik inligting kan wees wat belangrik is vir die ondersoek. Een van die ondersoekers, Alexandria Hancock het aan media gesê ‘n lasbrief moes bekom word omdat Baldwin nie die foon vrywilliglik wou oorhandig nie.