Polio gevind in New York se rioolwater

Polio is bevestig in afvalwater in ‘n voorstad van New York, ‘n maand voordat gesondheidsbeamptes ‘n bevestigde geval van die siekte aangekondig het. Die ontdekking van die virus in afvalwater-monsters wat in Junie ingesamel is, beteken dat die virus in die gemeenskap teenwoordig was voordat die Rockland County geval op 21 Julie bekend gemaak is. Die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming sê dat die teenwoordigheid van die virus in afvalwater aandui dat daar dalk meer mense in die gemeenskap is wat die virus afskei in rioolstelsels. Dit is egter nog nie duidelik of die virus aktief in New York of elders in die Verenigde State versprei nie.