Pole meld talle uitbrekings van voëlgriep aan

Pole het talle uitbrekings van die hoogs aansteeklike H5N1-voëlgriep op pluimveeplase aangemeld. Die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid sê byna 600 00 voëls is tot dusver geraak. Voëlgriep versprei vinnig in Europa en wek kommer in die pluimveebedryf. Vorige uitbrekings het veroorsaak dat miljoene voëls doodgemaak moes word terwyl internasionale handelsbeperkings ook ingestel is. Die Franse regering het die hele land op ‘n hoë waarskuwingsvlak geplaas en versoek dat alle pluimvee binnenshuis gehou word.