Ploftoestelle kan maklik in SA ingesmokkel word 

Korrupsie en omkopery maak dit maklik om ploftoestelle oor Suid-Afrika se grense die land in te bring. ʼn Kenner van bomopruiming, Willem Els, sê misdadigers gebruik die plofstof om kitsbanke op te blaas, tydens transito-rooftogte en met onwettige mynbou in die land. Hy het reageer op die inhegtenisneming van ‘n verdagte in Umhlanga, KwaZulu-Natal, wat met kommersiële plofstof in sy bagasie betrap is. Volgens Els het die verdagte ook die lewens van die ander passasiers in die taxi in gevaar gestel.