Pleidooi vir Santaco om weer te onderhandel in die Wes-Kaap

ActionSA in die Wes-Kaap doen ‘n ernstige oproep op die provinsiale leierskap van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad, Santaco, om terug te keer na die onderhandelingstafel, sodat die gewelddadige staking kan eindig. Die staking is hoofsaaklik teen die Stad Kaapstad se nuwe ordonnasies gemik, wat daartoe gelei het dat groot getalle taxi’s geskut is. Michelle Wasserman van ActionSA sê die inwoners is die slagoffers van dié oorlog tussen die stad en die taxibedryf: