Plastic Packaging is Suider-Afrikaanse uitvoerder van 2021

Plastic Packaging Namibia is as Streekuitvoerder van die Jaar aangewys tydens die Suider-Afrikaanse Streeksuitvoere-toekennings van 2021 in Oos-Londen in Suid-Afrika. Die toekennings is deel van samewerking tussen USAID en die Oos-Kaapse Ontwikkelingskorporasie. Dit moedig uitvoerfirmas van Namibië, Botswana, Eswatini, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Suid-Afrika en Zambië aan om hul internasionale mededingendheid te bevorder.