Plaaswerker vas ná sy meisie weens beserings beswyk

‘n Plaaswerker in die Okahandja-distrik is in hegtenis geneem nadat sy meisie aan inwendige bloeding beswyk het weens beserings wat sy glo opgedoen het in ‘n aanval van die 41-jarige man. Inspekteur Maureen Mbeha, woordvoerder van die Namibiese polisie in die Otjozondjupa-streek, sê die oorledene is deur haar naasbestaandes as die 27-jarige Rolina Witbooi geïdentifiseer. Witbooi en die verdagte het saam op Farm Tugab in die Okahandja-distrik gewoon. Die twee het ‘n glo rusie gehad nadat Witbooi vanaf Okahandja na die plaas terugkeer het. Die paartjie is tydens die rusie deur bure geskei, maar Witbooi is die volgende oggend dood in haar bed aangetref. Haar kêrel is gearresteer en van moord en gesinsgeweld aangekla. Die verdagte sal na verwagting môre in die Okahandja-landdroshof verskyn.