Plaaswerker sal in Augustus weet oor dood van boer

Die plaaswerker wat sy werkgewer op 10 November 2018 naby Otjimbingwe vermoor het, sal op 17 Augustus vanjaar hoor of sy skuldig bevind word aan moord of nie. Kazana Hausiku het in die hoërhof aangevoer hy het Hendrik Coetzee, 59, in selfverdediging in die kop met ‘n byl geslaan en sy vrou, Maria beroof en ontvoer het in die egpaar se bakkie. Volgens die staat het hy die bakkie gerol op die pad na Wilhelmstal en het daarna na Rundu gevlug. Hy is daar in hegtenis geneem. Volgens Hausiku het Coetzee hom met die byl gedreig en hy het daarin geslaag om die byl af te vat en Coetzee een of twee keer in die kop geslaan. Hy het ook in die hof gesê dit was Coetzee se vrou wat aangebied het om hom dorp toe te ry. Regter Naomi Shivute sal die uitspraak lewer