Plaasvaanval bewys belangrikheid van wapenbesit

Die DA in die buurland sê die aanval op ‘n boer in die Oos-Kaap beklemtoon die belangrikheid dat boere vuurwapens moet besit vir selfverdediging. Die DA-parlementslid, Dianne Kohler Barnard, sê die 34-jarige Darryl Richter het tydens die aanval sy gesin beskerm, maar met sy eie lewe geboet. Ten minste drie aanvallers het hom met messe gesteek – hy het twee van hulle doodgeskiet en een gewond. Barnard sê die minister van polisie, Bheki Cele dra tot die probleem by: