Plaaslike pluimvee produksie kry hupstoot met ‘roadshow’

‘n Pluimvee-toer word vir die week van 13 tot 17 Maart vir die suidelike deel van Namibië beplan, wat die streke van Karas-, Hardap en Khomas insluit. Huidige en potensiële pluimvee-produsente kan hierdie geleenthede in samewerking met Agribank bywoon op Keetmanshoop, Mariental, Rehoboth en in Windhoek. Die landbou-ekonoom by die Pluimveeprodusente-vereniging, Bertha Ijambo, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.