Plaaslike owerhede kry stewige verhogings – ministerie
Die ministerie van stedelike ontwikkeling het toelaagverhogings van tussen 15 en 25 persent vir burgemeesters en raadslede by plaaslike owerhede goedgekeur. Die aankondiging kom op ‘n tyd wanneer ‘n taakmag aangestel is om ondersoek in te stel oor hoekom plaaslike owerhede nie hul skuld by NamPower en NamWater kan betaal nie, en ook, terwyl inwoners onder erge finansiële druk verkeer en sukkel om hulle eie rekenings te vereffen. Die lynminister, Erastus Uutoni het verhogings van 15 persent vir munisipale rade goedgekeur, met 20 persent vir stadsrade en 25 persent vir dorpsrade. Intussen sal die Elektrisiteitsbeheerraad teen môre die eerste goedgekeurde verhogings in kragtariewe bekendmaak. Windhoek het vir 14 persent gevra.