Plaaslike hoender is veilig, geen voëlgriep in die land nie

Namibiese verbruikers hoef geen kommer oor voëlgriep te hê nie. Dit volg na die Suid-Afrikaanse landboudepartement sê tot op hede is vyf uitbrekings van hoogs-aansteeklike voëlgriep op kommersiële hoenderplase in die Wes-Kaap bevestig. Volgens Louis Kleynhans, die hoofbestuurder by Namib Poultry Industries, is plaaslike hoender veilig en die industrie word uiters goed bestuur en gereguleer.