Plaaslike brandstofprys is laer as wêreld gemiddelde

Die gemiddelde petrolprys wêreldwyd staan tans op 22 Namibiese dollar ‘n liter wat die plaaslike pompprys effe laer as die wêreld se gemiddelde maak. Op die oomblik kos a liter petrol 20 dollar en 40 sent in Walvisbaai. Die duurste brandstof ter wêreld is in Hongkong waar ‘n liter petrol jou 45 Namibiese dollar en 39 sent sal kos. Ook onder die top-tien duurste brandstof is die Skandinawiese lande, Ysland, en meer. Angola val onder die goedkoopste lande, en is sewende geplaas op 5 Namibiese dollar en 73 sent ‘n liter. Die goedkoopste petrol ter wêreld is in Venezuela waar jy 34 sent ‘n liter betaal met Libië tweede geplaas op 47 sent ‘n liter. In Iran betaal jy 81 sent ‘n liter.