Plaaslike beleid was tot voordeel van olie-reuse
Die myne en energie-ministerie het ‘n deurlopende potgooi, Powering the Future, waar lynminister Tom Alweendo bedryfsleiers in die olie- en gas-sektor betrek. In die tweede episode was die minister gasheer vir petroleumkommissaris Maggy Shino. Hy het haar pertinent gevra hoe Namibië nuwe eksplorasie in die land behou en aangemoedig het. Shino verduidelik breedvoerig.