Plaaslike afvalbestuur kry aandag

Dr. Timoteus Kadhila het onlangs sy doktorsgraad in openbare en ontwikkelings-bestuur aan die Universiteite Stellenbosch behaal en is nou ’n post-doktorale genoot by die Universiteit van Namibië. Hy het ondersoek ingestel oor hoe die huidige afvalbestuurs-modelle van die munisipaliteite Swakopmund en Langebaan in die Wes-Kaap binne die konteks van ’n sirkel-ekonomie tot die verwesenliking van volhoubare afvalbestuur bydra. Dit behels die hergebruik, herwinning, opknapping en hervervaardiging van afvalprodukte, eerder as om dit net op ’n vullingsterrein te stort. Dr. Kadhila gesels met Kosmos 94.1 Nuus…