Pixie sê Oscar sal stil-stil vrygelaat word

Dit is nog onbekend wanneer die Suid-Afrikaanse Olimpiese en Paralimpiese atleet op parool vrygelaat sal word. Hy het op 22 Junie ‘n ontmoeting gehad met die pa van Reeva Steenkamp, die vrou wat hy in 2013 doodgeskiet het, as deel van Suid-Afrika se slagoffer-oortreder-dialoog. Dit gee slagoffers van misdaad ‘n kans om die oortreder te ontmoet voor ‘n oortreder vir parool in aanmerking kan kom. Pistorius het verlede jaar, agt jaar na die moord op Steenkamp in sy huis in Pretoria, in aanmerking vir parool gekom. Dr. Pixie du Toit, ‘n forensiese kriminoloog in Suid-Afrika, sê sy vermoed Pistorius sal stil-stil vrygelaat word.