Pistorius gaan hof toe oor parool

Die veroordeelde moordenaar Oscar Pistorius se regspan beskuldig die Departement van Korrektiewe Dienste daarvan dat hy sy kliënt se reg op ‘n regverdige administratiewe proses in sy hantering van ‘n proses om ‘n paroolaansoek skend. Die atleet het reeds meer as die helfte van sy 13-jaar tronkstraf uitgedien vir die moord in 2013 op sy meisie, die model Reeva Steenkamp. Pistorius is verlede jaar na ‘n gevangenis in Gqeberha oorgeplaas in afwagting van gesprekke met die Steenkamp-gesin. Pistorius se regsverteenwoordiger, Julian Knight, sê hulle sal die hof nader oor die proses rondom die paroolverhoor wat nie vorder nie.