Pienk Oktober is borskankermaand

Oktober is borskankermaand. Met meer as 3 780 gevalle van borskanker wat deur die Kankervereniging van Namibië in die afgelope dekade gerapporteer is, is dit die mees algemene kanker in die land. Terwyl 3 681 van hierdie gevalle onder vroue voorgekom het, is 107 mans ook met borskanker gediagnoseer. Namibië rapporteer ‘n gemiddeld van 3 740 nuwe kankergevalle per jaar met 54 persent van alle gevalle wat vroue is, met servikale en borskanker die algemeenste. Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die kankervereniging, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.