Pick n Pay-takke in Namibië dwing nie verpligte inenting af

Die debat oor verpligte Covid-inentings duur voort, veral na die vierde vlaag van die pandemie weens die Omikron-variant aangevuur is. In Suid-Afrika het verskeie maatskappye verpligte inentings van sy werknemers geëis. Een so ‘n maatskappy is Pick n Pay in Suid-Afrika wat werknemers aanbeveel het om teen Covid in te ent. Dit is egter nie van toepassing op Pick n Pay-takke in Namibië nie, het Sven Thieme, die voorsitter van die O&L Groep, aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig, maar hy sê druk neem toe.