Pfizer kom nie vandag in Namibië aan

Die uitvoerende direkteur van die Namibiese gesondheidsministerie, Ben Namgombe, het pas bevestig die Covid-entstof, Pfizer, kom nie vandag in Namibië aan, soos berig is nie. Volgens Namibiese mediaberigte het die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, Petronella Masabane, gesê 100 620 dosisse sou vandag in die Namibië verwag word.