Phala Phala: Wally Rhoode volgens berigte afgedank

Die nasionale polisiekommissaris in Suid-Afrika, Fannie Masemola, het volgens berigte Wally Rhoode uit sy pos as hoof van die presidensiële beskermingseenheid verwyder. Dit volg ‘n maand nadat Rhoode saam met President Cyril Ramaphosa betrek is by ‘n strafregtelike saak wat deur die oud-spioenbaas, Arthur Fraser, aanhangig gemaak is. Dit hou verband met ‘n rooftog in Februarie 2020 op Ramaphosa se Phala Phala-plaas in Limpopo. ‘n Namibiese burger, Imanuwela David, word by die rooftog van miljoene in Amerikaanse dollar betrek. Hy het aan owerhede gesê ‘n skoonmaker het hulle vertel van die kontant in die meubels.

Hy sê dit was ‘n baie maklike rooftog…