Phala Phala: Paneel het tien dae om oorweging te gee

Die parlementêre paneel wat moet bepaal of President Cyril Ramaphosa antwoorde moet verskaf oor die diefstal op sy Phala Phala-plaas in Limpopo, het nou tien dae om oorweging te gee aan al die inligting wat ontvang is. Dit volg nadat die president Sondag se spertyd gehaal het en betyds op al die voorleggings deur parlementslede reageer het. Die paneel van drie lede sê indien nodig sal hulle in hierdie tien dae enige bykomende navorsing doen, die feite verder oorweeg en hul finale verslag skryf en finaliseer.